Tuli Beestelergenootskap van Suid Afrika | Tuli Beeste Fotos

Tuli Wynveiling 2019

Op 26 Maart 2019 is 'n wynveiling te Makarios Country Loge, net buite Bloemfontein aangebied. Die Sentrale Tuli veiling het op 27 Maart, ook by Makarios plaasgevind.

Die hoofdoel van die wynveiling was om die Tuli ras aan die publiek bekend te stel, asook om addisionele fondse vir die Tuli Telers Genootskap in te samel. Hierdie fondse gaan hoofsaaklik vir bemarking van die Tuli- ras aangewend word. Daarmee saam het dr Michiel Scholtz van die LNR, 'n praaitjie oor beesboedery in die toekoms, " 'n toekomsblik" met die klem wat die Tuli- ras daarin gaan speel, gelewer. Die gaste wat bestaan het uit die hoofbestuurder van Vrystaat Landbou- Gerhard Kriel, hoofbestuurder van SA Stamboek- dr Japie vd Westhuizen, president van SA Stamboek- Freddie Wasserfall, Farmers weekly, sakemanne, die voermaatskappy-Itau, Cor rekenmeesters, GWK, vlieëniers en telers het dr Scholtz se praatjie baie interessant gevind. Altesaam 130 gaste het die geleentheid bygewoon.

Baie dankie aan al ons telers, Gwk, Beyerskloof en Vriesenhof vir hul ruim borge! Sonder u ondersteuning sou die geleentheid nie moontlik gewees het nie.

 - Refensie tree op tydens die wynproe geleentheid.

Refensie tree op tydens die wynproe geleentheid.

 - Die bekende wynmakers, Beyers Truter van Beyerskloof en dr Jan Boland Coetzee van Vriesenhof, het 'n wynproe met van hul elite wyne, asook die wynveiling aangebied. Die omset was ongeveer R50 000.

Die bekende wynmakers, Beyers Truter van Beyerskloof en dr Jan Boland Coetzee van Vriesenhof, het 'n wynproe met van hul elite wyne, asook die wynveiling aangebied. Die omset was ongeveer R50 000.

 - Dr Michiel Scholtz van LNR met sy praatjie - Beesboerdery in die toekoms.

Dr Michiel Scholtz van LNR met sy praatjie - Beesboerdery in die toekoms.

 - Dave Mullins, serimonimeester

Dave Mullins, serimonimeester

 - Beyers Truter, Ben Raath (President van Tuli SA) en Jan Boland Coetzee

Beyers Truter, Ben Raath (President van Tuli SA) en Jan Boland Coetzee

 - Refentsie en Thabo met sy span het die gaste behoorlik met hul sang talent vermaak!

Refentsie en Thabo met sy span het die gaste behoorlik met hul sang talent vermaak!

 - Ben Raath, Dr Michiel Scholtz en Giel van Niekerk

Ben Raath, Dr Michiel Scholtz en Giel van Niekerk

 - Gaste tydens die wynveiling

Gaste tydens die wynveiling




© Tuli Cattle. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Tuli Cattle.